top of page
Search

VERDOOF JY DIE STEM VAN GOD?


Die telefoon lui en ek antwoord... "Gaap" Hallo Talita wat praat. Ek is dood moeg van die vorige nag se laat admin opvang. Dan hoor ek die stem aan die ander kant van die foon. Hallo Talita!! Dit klink in twee woorde of my vriendin aanmekaargesit is met sonskyn en 'n kinderlag.


Hallo hoe gaan dit met jou? Ek slurp aan my koffie. Talita ekt 'n funksie wat opkom en daar gaan klomp lanie tannies wees. Jy is die regte keynote spreker vir die geleentheid dis op ... en sy noem die datum tyd venue en praat so vinnig deur die dag se beplanning dat my kop draai. Toe ek hoor by watter saal dit gaan wees skrik ek my dood. WAT? JY WIL HE EK MOET WAAR OPTREE?


Onmiddelik pak vrees my aan en ek se nee o genade ek kan nie saam met 'n

celebs optree nie ek sal my dood skaam ek is nie naby in hulle klas nie.

Ek se nee man bel vir Allison sy is beter as ek en haar storie is regtig rof sy is massive inspiring en ek dink sy is beter vir die geleentheid.


Maar my vriendin hou aan.... toe kom die waarheid uit. Sy het al almal anders gevra en almal is geboek op kort kennisgewing. Ek hoor die teleurstelling in haar stem en voel skuldig. Ok ek sal dit doen. Maar moenie 'n earth shattering speech verwag nie ek weet self nog nie eens mooi wat ek doen nie. Ek figure nog die storie uit, dis baie anders as radio wese. Die oomblik wat ek op 'n stage klim voel dit of ek 'n hartaanval gan kry en dan as ek begin praat raak dinge eers beter... en net daar begin die negatiewe gedagtes. - Mense gaan jou judge! Is jy mal jy bou jou reputasie jy kan mos nie nou voor 'n hele saal mense jou storie gaan uitblaker in jou eie dorp nie! Mens skeit nie waar jy eet nie! En toe word God stil... want ek verdoof God se stem deur my eie insecurities... Satan probeer my stop om te gaan...


En toe raak ek stil. En ek dink Here ek wil nie deur 'n walvis ingesluk word nie so ek sal gaan waar U my heen geroep het.


Die dag was een van die grootste sukses dae in my loopbaan en daar was 'n ry dames wat geduldig gewag het elke een met haar eie storie en selfs een ou tannie wat een van my cds gekoop het...maar meeste van alles het ek gesien

my storie is nie uniek nie. Duisende vroue deel die pyn van abuse.


Ek het nooit weer nee gese as God my oproep nie. Want in

daardie oproep is 'n groot blessing vir jou en my.


 

1 view0 comments

Recent Posts

See All

EET JY EMOSIONEEEL?MAAK DAN GOD JOU GEWIGSVERLIES PLAN

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

Comments


bottom of page