top of page
Search

Gesteelde skoene

Gesteelde Skoene...


My foon lui. Talita wat maak jy? Ek kyk na my dogtertjie wat vas lê en slaap en dan na die tyd op my foon... 8h30 dis n saterdag oggend en my vriendin charmain is aan die anderkant van die foon se koue skerm teen my oor.


•••(Gaap)••• Nee niks op die oomblik nie sê ek en ek wikkel myself toe met die duvet.


Ekt ontbyd bestel vir ons maak gou sien jou by die Wimpy.


Ek maak karliq wakker trek gou aan maar vra maar vir enige ma met n kleuter daar bestaan nie so iets meer soos gou dorp toe gaan nie dit vat n halfuur net om karliq aangetrek te kry.


By die wimpy aangekom skerts ons lekker oor n cuppacino en karliq speel met nuwe maaitjies wat sy ontmoet het 3 minute terug.


Ons gesels eet en gesels oor God en ander dinge. Ek kry vir karliq en sê dankie en stap uit. Letterlik ons het nog nie eens 10 meter uit die wimpy gestap nie toe ek agterkom ons het karliq se skoene vergeet.


Ek stap terug en sien dit nie. Ek doen navraag by die personeel en niemand weet iets van katliq se skoene nie dis weg in minder as 3 minute is haar skoene gegaps.


Ek stap uit en kry v Charmain buite ek sê nee dis weg iemand het dit gevat maar ek hoop hulle het dit nodig gehad en dis okay.


Met dit stap ek weg en vergeet van die skoene.


Vanaand lê en luister ek na my man wat saggies snork en my dogterjie lê in my arms en ek besef iets.


Ons almal het n fraksie van ń sekonde om te kies hoe ons op ongemaklike situasies reageer elke dag.


En soms is dit nie maklik nie want soms is dit iets wat gebeur wat ons mense waarvoor ons lief is seermaak of ons finansies benadeel.


Ek het geleer om God te los dat Hy werk in my lewe en ek vertrou op Hom 100% ek bid ook vir kalmte wysheid en insig daagliks.


Ons kan kies om te skree en baklei selfs mense te dreig of ons kan hulle God in ons aksies te laat sien.


As jy iemand kan vergewe in die oomblik van jou seer voordat die seer in woede omskep word dan is jy voorwaar n Christus kind wat jou pad baie na aan God leef


Woede steel jou geluk. Dit was net n paar skoene en ek hoop regtig die kleinding wat dit kry geniet die pink blommetjies en wit sole.


As iemand jou te na kom vergewe hulle onmiddelik en meer as dit gun hulle geluk en voorspoed wys hulle Jesus in jou aksies.


Gesteel Geleen Geseen.


Dis nou Geseende skoene.


Blessings

Talita

#inspired2bfearless

1 view0 comments

Recent Posts

See All

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

bottom of page