Gerda - Talita
Ek lê op die dam se rand met n groot handvol vars geplukte aarbeie na storieboek met my een voet in die water. Dis n vuurwarm somersdag en my kinderlyfie het n swart swembroek aan met helderkleurige strikkies aan die kante. Dis n hand me down van my niggie. En al is ek die derde in die lyn af om dit te kan dra is dit steeds vir my spesiaal en kosbaar.
Skielik vang my oog n beweging tussen die bome en ek sien hom vinnig naderkom. Dis oupa. Maar iets aan sy houding en gesig uitdrukking laat my besef dat hy nie net wil gesels nie. Ek kyk terug na die plaas huis en dink, as ek hardloop sal ek dit terug maak in tyd sonder dat hy my die keer seermaak.
Ek vlieg op verloor my balans en beland in die dam. Terwyl ek sukkel om tot by die dam se rand te swem is hy agter my sy hand om my en die ander al klaar in my vagina... ek worstel en skree tervergeefs.
Na n rukkie los hy my nadat hy my verkrag het. Ons het 3 dae terug hier aangekom om by oupa en ouma op die plaas te kuier.
Die vakansie is nog lank.
Ek klim uit die dam uit en hardloop huis toe. Trane loop langs my wange af en ek vra my ouma of ek my ma en pa kan bel.
Sy was altyd die vriendelikste liefdevolste ouma tot daardie dag toe. Nee Gerda jy kan nie. Ek vertel haar wat gebeur het en haar woorde het my diep gesny.
"Wel jy is nou n groot meisie, dis wat groot meisies doen" ek sien n tikkie haat en jaloesie in haar oê. Ek staan vasgenael soos lot se vrou. In my gedagtes hardloop ek weg maar my liggaam is steeds daar.
Ek dra die vrou se name.... ELIZABETH GERTRUIDA.
Ek het onmiddelik vuil gevoel. Ek weet nie watter een van my grootouers ek die meeste gehaat het daardie vakansie nie. En die insident was maar een van baie.
Later in my laat twintigs, het God my n droom gegee. Ek het gedroom hoe iemand onbekend my slaan met n sweep tot my vel oopskeur. Toe gryp Jesus die sweep en skree : IT IS FINISHED. NO MORE. Katjeranda Talita Cumi! You will be one of 5.
Ek het die droom herhalend gekry oor en oor en oor. Tot vandag toe weet ek nie wat die woord Katjeranda beteken nie. Maar ekt geweet God noem my nie Gerda nie.
Skielik het ek so vry gevoel. Ek het my bybel op my skoot gesit en gefluister Here as dit U wil is wys my n nuwe naam.
Toe val my Bybel oop op Markus 5:41 Talita Koemie. Ek lees die teks oor en oor. Ekt in daardie oomblik besef my naam is Talita. 1 uur en R175.00 later by die binnelandse sake en ek stap uit met n nuwe Jesus naam Talita.
Dit beteken vir my meer as net n mooi storie dis vir my persoonlik n opdrag om uit die dood van my verlede op te staan en ander te wys hoe dit lyk as Jesus kom genees. Selfs na meer10 jaar met my nuwe naam noem party manse in ons familie my nog Gerda. Ek wens hulle weet hoe dit my verniel. Ek word onmiddelik terug gegooi in in die dam in en dan flits dit voor my oê. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek dink dit is n mooi naam, maar net nie oor my lewe met my bloedlyn geskiedenis nie.
Daar is so baie krag in n naam. Vandag het ek n brandende begeerte om God te ken op n meer intieme vlak. Ek wil sy elke naam ken en dit indrink.
Ek wil hê jy moet ook God se naam ken en Hom lief. Aanbid Hom eer Hom en Lief Hom Sy naam is Heilig en daar is krag van Genesing en Genade daarin.
Mag jy na vandag se stukkie die krag van n naam verstaan. Ek het vir jou n pragtige boek saamgestel van al die name van God, dis aflaaibaar onder die Files knoppie op die Diamante groep.
Mag jy vandag God se naam Heilig Hou.
Shalom
T xoxo