About
Welkom by "Kompas van Emosies," 'n unieke 30-dae kursus wat die krag van emosionele intelligensie en Christelike beginsels kombineer om jou te help om gesonde gewoontes te ontwikkel en jou gewig te bestuur. Hierdie kursus is ontwerp om jou nie net fisies, maar ook geestelik en emosioneel te laat groei. Deur inspirerende lesse, interaktiewe aktiwiteite en gebed, sal jy leer hoe om jou emosies te verstaan en te bestuur, en hoe om jou geloof te gebruik as 'n leidraad op jou reis na gesondheid. Elke week fokus op 'n spesifieke tema, soos selfregulering, empatie, en emosie bestuur. Jy sal ook waardevolle hulpmiddels en strategieë ontvang om jou leefstyl te verbeter, terwyl jy jou geestelike en emosionele toestand versterk. Uitslag na die Kursus: Aan die einde van die 30 dae sal jy 'n dieper begrip van jouself en jou emosies hê. Jy sal leer om: Emosies te identifiseer en te bestuur om ongewenste eetgedrag te voorkom. 'n Positiewe en volhoubare lewenstyl te omhels met 'n fokus op gebed en Bybelstudie. Jouself en ander met meer empatie en begrip te benader. Bereid jou voor om 'n nuwe koers te vaar na 'n gesonder, meer gebalanseerde lewe met "Kompas van Emosies." Indeks van 30 dae: Bevestiging van jou waarde Wat is emosie? ASSESERING Voordele van EQ en temperatuur Akurate self assesering Wie is jy? As jy iemand ontmoet... Hier en nou 00:00 Wat glo jy oor jouself? Self Observasie Wat is emosie ontleed Gevoelens en Gedagtes Integriteit&Verantwoordelikheid PAUSEKNOP Jou emosie pattroon Geestelike poorte Kognitiewe Herraam Wat affekteer emosie & reels Motivering en jou doel DOEL GERIG nterne en eksterne uitdagings Stress van oorweldig voel Die identifisering van fals en waar Empatie en deernis Basiese menslike emosionele behoeftes Verhouding met kos en mense Vlakke van vergifnis Vergifnis deel 1 - 5
You can also join this program via the mobile app. Go to the app