Slinger daai klippe
JAKOBUS 1:2-4 NLV
My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
Soms dink ons dat niemand ons uit n situasie kan red nie. Soms wonder jy, waat is God nou eintlik?
God staan naby jou wel eintlik in jou Hy omvou en koester jou. Selfs al doen jy goed wat Sy Tempel skade doen staan Hy daar sonder om te beweeg. ROTSVAS. GEANKER.
Jy sien dis nie God wat enigsins weg beweeg nie. Dis ons wat Hom wegstoot soms raak die seer die selfhaat en die smag na aardse goedkeuring so baie dat ons, ons balans verloor en in die afgrond van eie ek, en vraatsugtigheid en ander mense se opinies , intuimel....
Een ding wat ek wel gesien het telkemale is dat selfs ongelowiges na God bid in tye van totale wanhoop.
En dan kom God en Hy verander die vloek in n seening en ons doen weer goed en vergeet weereens van Hom.
God is nooit vêr nie. Weet jy dan nie dat in jou versoekings God op Sy sterkste kan deurskyn nie? Gee Hom die kans om jou te help om bojou versoeking uit te styg vandag.
Watookal jy voor te staande kom vandag, tel jou 5 klippies op, 1. GELOOF IN GOD, 2. GEBED HOU JOU KOMMUNIKASIE KANAAL OOP MET GOD, 3. LOFPRYS HOM SELFS IN DIE MIDDEL VAN DIE STORM 4. LEER SY WOORD VIR KRAG EN OM HOM TE LEER KEN 5. GLO EN LIEF JOUSELF GENOEG OM TE WEET JY KAN N VERSKIL MAAK.
En dan, dan slinger jy daai 5 klippies in jou reus se gesig in en laat God toe om in Sy volle Krag deur jou te werk sodat jou reus val.
koebaai vetnoi
T xoxo