top of page
Search

n Dans met Abba

Ek het n minnaar gevind vir myself, Ek is smoor verlief! En ek kan myself voel inval in sy tree...


Ek het n Abba gevind vol genade en liefde, Ek het nie eers geweet dat U spesiaal op my gewag het om na U toe te draai nie.


Ek was nog voor ek n baba was het U my alreeds lief gehad. Ons liefdes verhaal is al so lank n tango waar ek soms wegdwaal en U my weer kom haal.


Ek weet ek verdien nie U genade nie en ek weier om my nuwe lewe in Jesus op te gee vir enige iets want Jesus U liefde vul my op.


So God soen my weer en weer U soene is beter as wyn.

En in U oë is ek vlekvry sondeloos.


Abba vandag dans ek saam met U, en gryp na U Genade want nooit weer sal die seer pyn en smart my oorweldig en in die donkerte dompel nie. Want U lig skyn nou in my om my en deur my omdat U genade my omvou is ek n nuwe skepsel in u.


My gedagtes gevange in n antieke koekblik wat vasgeroes het en ek gooi dit in die see al die afkraking al die minderwaardigheid en elke druppel self haat is nou weg.


God: Ek het n kind gevind wat perfek geskape is. Sy is sterk en vol liefde. Ek het haar gemaak om meer te dra as net haar lewens storie sy is gemaak om kinders en lewe te dra om soos ek lewe te skep... In haar le die toekoms deur haar gebeur wonderwerke. Maar sy sien haarself nie raak soos ek nie. Sy is soos n klein dogtertjie wat onseker is en goedkeuring soek....


Talita Cumi staan op! Klein dogtertjie, Klim op my voete en dans met my deur jou donkerte jy het nie modig om die dans passies te ken nie ek sal jou lei. Vat net my hande staan op my voete en kyk in my oë, My liefde vir jou is dieper as die see. So kom ons dans elke dag sonder vrees en bly gefokus op jou Abba want my Genade is vir jou genoeg.


Die lewe gaan jou soms rondruk en jy sal voel soos n gekneuse roos. Maaŕ slegs wanneer rose gepars word kom die kosbaarste parfuum en olie te voorskyn. Selfs my eie seun moes eers


Kaalvoet op die kruis vir jou lei sodat jy nou jou handkan uit steek en die verloofring kan wat ek vandag vir jou gee. Want jou Bruidegom kom jou haal en jy is amper reg vir julle huwelik.



So klim op My voete glo in My soos n kind, ek wil jou leer jou dans deur die lewe sodat jy kan vergeet van jou verlede en as jy saam my draai en swaai onthou ek belowe jou n Toekoms vol Hoop.


1 view0 comments

Recent Posts

See All

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

bottom of page