My moeg is moeg!
Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp
en verdwyn.
Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor
maar niemand praat daaroor nie omdat ons almal bang is dat ons gaan veroordeel
word.
Die waarheid is dat hoe meer ons doen en hoe harder ons bou aan n toekoms vir ons
kinders hoe meer voel ons soms of ons net deursigtig word.
God het egter n plan vir jou en my. Jy sien toe Jesus op die boot aan die slaap geraak
het van pure uitputting en die storm het gewoed het hy die storm stil gemaak.
Jesus het mens geword en op daai boot het hy geslaap nes ek nes jy het Jesus ook
moeg geword want hy was mens.
Maar in die storm het Jesus ook God gewees en deur sy woorde het hy die storm stil
gemaak.
So vanaand weet ek jy is miskien ook moeg. Jy wil net slaap sonder taai vingers in jou
gesig of.kinders wat skree en werk wat by jou spook. Jy is mens
DIS OKAY OM MOEG TE WEES.
Maar jy hoef dit nie alleen te doen nie. God wil jou hand vat glo in Hom en vra hom om
die storm te kalmeer wat woed in jou siel. Neem Sy hand en jy sal loop op die water
van die lewens storms.
So vanaand gaan op jou kniee en erken jy is moeg jy is mens en vind jou krag in ons
Skepper Hy staan alreeds reg om jou siel te verkwik
En onthou watookal jy nou deurgaan is net n fase niks is verewig behalwe God se liefde
vir jou nie.
Wees Geseend