Maklik en lekker is nie altyd goed nie
Ek is een van baie mense wat vandag lewe wat eerstehands die geweldige majesteit, Genade en ontsagwekkende krag van God gesien en ervaar het, Baie mense kyk na my sukses wat ek behaal het in my loopbaan en dink wow sy is so gelukkig lucky break, of hulle sien wilna en madelaine se finominale gewigsverlies en dink hulle moes een of ander magic pill gedrink het of wow hulle is so gelukkig, lucky break.... Die waarheid is egter dat die werk moeilik is en ons lewe baie na aan God maar saam met sukses kom deursettings vermoe en ons moes baie goed prys gee wat ons nie wou nie. Sukses is nie n lucky break nie. Dis n konstante interne dialoog met jouself en God. Dis die kere wat jy in trane sit en jouself forseer om te doen wat 90% van mense nie wil doen nie. Dit vereis duidelike oordeel, 'n bemeestering van komplekse en mededingende kwessies, 'n toewyding aan God en jou gesondheid plus 'n morele kompas, en 'n vermoë om te kan onderskei tussen menslike begeertes en opinies en wat God vir ons beplan het. Ons moes ook leer deur God se blywende oortuiging dat elke vrou wat lewe of hulle ons goed behandel of nie ñ betekenis en waarde het in God se Koningkryk" Jy kan nie jou pad na sukses, Gesondheid en God se Koningkryk vervals nie, om te kies om ñ ware kind van God te wees verander nie wie jy is nie, dit onthul wie jy is. En as mense om ons besluit om die bree maklike pad te stap en hul tempels besoedel met inspuitings eetlus dempers en shakes en kies om op sosiale media sukses te fake deur duur klere aan te koop wat geen mens kan bekostig sodat die insta lewe net perfek vertoon, Wel dan het ons die nouer pad gekies en eerder ons liggame deur rehab gesit en onsself geleer deur die woord van God hoe en wat om te eet uit God se tuin. Ons het ure en ure laat gewerk om n program te skryf deur die lyding van die Heilige Gees. Ons het eerder daai nuwe bootse verby gekyk al wou ons dit hoe graag ookal hê omdat ons weet ons en ons gesin se gesondheid is belangriker as nuwe bootse.
Ons het tyd in ons besige skedules gemaak vir ons drome al is dit hoe moeilik het ons ons drome vir onsself en wat God het vir ons, gejaag soos n honger leeu. So nee. Ons het nie n lucky break gehad nie. Ons was bereid om te doen wat 90% van mense nie wil doen nie. Talita het 18 maande voor haar rekenaar dag en nag gewerk om Koebaai Vetnoi te kry waar dit is vandag en moes baie baie kritiek deurleef. Wilna en Madelaine moes leer om nee te sê vir enige iets wat nie van God af kom nie. En pastoor Aletta het telkemale ons stukkies moes optel en trane van moeg en moedeloosheid afvee. Jy vra my vandag of dit maklik is... NEE OM GOD TE KIES IS EEN VAN DIE MOEILIKSTE GOED WAT EK EN MY SPAN AL OOIT MOES DOEN. Is dit die moeite werd? Wel ons resultate en getuienisse spreek vir ditself. Met God aan jou sy is enige iets moontlik maar Hy het nooit gesê dit gaan maklik wees nie. Jy kan nie op die bree en die noupad gelyk stap nie.... maak jou keuse