top of page
Search

Kom ons gaan eet bietjie uit...

More more prinses! Lees en share asb.


Jy het n keuse van twee tafels vandag


Tafel 1 is deur Jesus gedek en kos voorberei in die paradys... As jy hier wil eet en bly moet jy egter binne die perke leef van God se reels dit beteken jy mag ook nie vraatsugtig lewe nie en moet die gebooie nakom...hier is nogal baie inperkinge maar hier is jy veilig.


Jou tafel is gedek met liefde en Genade. Kos in oorvloed en as nagereg die Ewige Lewe in strate van Goud. Jou gaste aan die Tafel is God se beloftes oor jou en vir jou.


As jy hier wil sit en eet is die prys dat jy moet Glo in wat God sê oor jou. Jy kan ongelukkig nie hier kuier as jy twyfelagtig is en God ontken nie. Hier moet jy God lief met jou hele hart en verstand en jouself net soveel lief en ander nooi om saam met jou te eet.


Tafel 2

Die tafel is baie van jou vriende, kollegas en tot van jou familie hulle klets en kuier en alles lyk goed op die oog af.... maar as jy opstaan bespot en beskinder hulle jou. Hulle gesigte is geklee in n witblou lig want niemand kyk ooit op van hul selfone nie. Hier is die spyskaart: Depressie, Angs, Vrees, Ongeloof, bitterheid en onvergifnis. Die nagereg is Hartseer en n oorvloed van stikdonker drank wat jou siel vermoor....maar jy kan hier na die yskas hardloop en elke nou en dan beter voel vir 3 minute terwyl jy vraatsugtig aan die heerlike lekkernye in die yskas smul... maar die nadeel is oorgewig, hartversaking diabetes, en nog n paar ander dodelike verrasings wat minderwaardigheid insluit.


So prinses wat is jou keuse vandag? By watter tafel wil jy graag sit?


Die Heilige Gees is gereed om jou te ontvang by tafel 1 en eie ek is gereed om jou te ontvang by tafel 2...


Maak jou keuse.


♡●♡●♡●♡●♡●♡●♡●♡●♡●

Volg my op Sielskos Talita Inspireer

https://www.facebook.com/talitainspire


Sluit aan vir Christelike Gewigsverlies:

https://www.facebook.com/groups/koebaaivetnoi


Vir Talita Inspireer en videos: https://www.facebook.com/Boeremeisie.za/


Christelike Berading:

Talita vd Heever: 0783375695

5 views0 comments

Recent Posts

See All

EET JY EMOSIONEEEL?MAAK DAN GOD JOU GEWIGSVERLIES PLAN

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

bottom of page