top of page
Search

Koebaai Losbandige Lewe Hallo Jesus!

Die Bus Rit... Ek onthou nog die dag wat ek my lewe aan God gegee het soos gister. My reis van n gebroke mens tot met my deliverance by Word of Faith kerk met n geskokte liefdevolle vriendin wat langs my gesit het tot elke liewe brokkie vuilgoed uit my siel gestort het voor die pastoor se voete die uur wat ek op daai bank gesit het , ek praat van my verkragting die molestasie van die ouderdom van 3 of 4 af later se stories met die getroude man wat my grgroom het en ook die wegloop van die huis af die human trafficking memories en die haat en woede ek stort alles uit soos enos en daar a het my lewe dramaties verander verewig. Maar dit was nie ń maklike pad wat ek gestap het om tr groei in geloof nie. Oppad terug Kuzuko Lodge toe het Catharina de Lange my geestes ma my gewaarsku dat Satan my nie nou gan los nie. Ek moet volhard in geloof. Ek het toe ook n maand of wat daarna maar weer gerelapse maar die keer het ek die Gees in my gehad wat ek voor ja gese het om in my tr mag werk toe ek deliverance gedoen het. Ekt hard geval lelik viesliker as ooit het ek hoog en in verslete onderklere gesit in sandton op n bank ekt gedink die wêreld het maar weer van my vergeet en ek kan maar net angaan want dit maak mos nie saak nie... Wat ek nie in ag geneem het nie is ek het n nuwe ma bygekry n geeslike ma wat haar sterk stem van geloof laat brul het in die hemel dat die demone gesidder het as sy bid vir my. Sy het my gebel en my laat skaam kry vir wat ek doen. Die saad van conviction het begin groei. Toe bel my pa en ma en hulle besluit om my te gaan sien en mooi te praat te soebat en smeek kom huis toe. Maar ek was nie reg om te vergewe nie. My hart was koud en hard. Nog n maand gaan verby en ek sien hoe n meisie chrystal meth in haar are opspuit terwyl sy 8 maande swanger is ek is in die kaap en ons deel n bed. Ek skrik want in my het die Gees my wakker GERUK. Ekt my swangerskap verloor wreed en seer en hier sit sy voor my en kies om haar baba te vernietig. Ek hoor Catharina se stem so helder soos daglig in my ore... weergalm toe sy terwyl sy bestuur uit die bybel aanhaal: Matt 12 43“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, 44sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. 45Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin Ek was gewaarsku... Die son kom op en ek koop die eerste bus kaartjie terug bloem toe ek is n sak bene van al die dwelms en hoerery. Ek vat die eerste bus terug bloem toe en halfpad terug begin ek ruk en gaan badlamer toe. Ekt n pink clutch handbag op my met n pink roos op. Ek zip hom oop en haal die laaste 2 gram dwelms uit dit was nog altyd meth maar vanaand het ek v die eerste keer heroine op my. Ek haal dit uit en staar na die twee piep klein sakkies in my hand die meth lyk soos growwe sout en die heroine is lig geel en lyk soos mosterd poeier. Dan kyk ek op en ek is omtrent onherkenbaar vir myself. My vel is vlenters gekrap my hare val bolle uit ek jeuk en hunker na nog net een hit... Skielik voel ek nie alleen nie en ek weet ek moet n keuse maak lewe of dood... Ek kies lewe ek gooi die twee sakkies by die venstertjie uit en val op my kniee. Here dis ek Talita Griesel u kind Here. As u my kan of wil hoor asb ek kani meer nie help my asb bring my terug na U toe dryf die demone uit my uit sny die sielsbande van losbandigheid en help my here HELP MY HERE. Ek huil en gaan terug na my stoel toe nog nuur tik verby en ek begin onttrekings simptome kry ek ruk so die vrou langs my dink ek het kanker en eks op my einde want dis hoe sy gelyk het op haar kanker journey. Ek sit daar en verduidelik ha hoe my broer lyk wat sy naam is rn vra as ons stop asb laat sy hom net soek en se eks op die bus. Ek is siek ekt gedink ek gaan dood gaan. Maar ek het nie. My broer help my in sy plaasbakkie in reguit universitas hospitaal toe ek word opgeneem en die dokter vra ... is dit jy wat wil ophou of wil jou ouers he jy moet ontgif. Ek antw eerlik dis my keuse. En hulle sit my onder slaap terapie die weke wat volg is HEL as jy al ooit gewonder het hoe dit voel in die hel ekt dit beleef alles brand elke spier elke weefsel elke orgaan brand trek ruk en jy voel of jy gaan mal word. Ek trek deur en weer by did huis begin my pa en ma my volpomp met nooma Angus Buchan Catharina stuur Joyce meyer en ek soak in Jesus ek marineer vir twee jaar in die Gees van God. Vandag is ek n suksesvolle motiveringspreker n gelukkige mamma van ons dogtertjie n vrou van n wonderwerk man wat God aanbid en skoon al vir 8 volle jare. Eienaar van Koebaai vetnoi wat duisende vroue tot bekering lei en hul waarde weer vind in Christus asook Sielskos, en elke donderdag mentor ek tieners wat verkrag is wat dwelms gebruik en seer het. Trots om myself n volbloed Kind van Jesus te kan noem. En dit alles het begin op n bank toe ek n vriendin in my vertroue geneem het wat my nie ge oordeel het nie maar my deur Jesus se ogies gesien het en ouers wat nooit opgegee het nie. Moet nooit opgee op mense nie... daar is altyd hoop. Dankie aam my ma pa en Catharina wat nooit opgegee het op my nie Wees geseend Talita Van Der Heever #sielskos #inspired2bfearless

Want to read more?

Subscribe to talita.co.za to keep reading this exclusive post.

43 views0 comments

Recent Posts

See All

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn.

Comentarios

No se pudieron cargar los comentarios
Parece que hubo un problema técnico. Intenta volver a conectarte o actualiza la página.
bottom of page