top of page
Search

Karliq se naam

Ek sit met my een voet op die sypaaidjie voor binnelandse sake en my ander in die bakkie... my man staan soos n pou wat spog voor my n ent verder. Ek is al onseker oor die baba se naam vandat ek gehoor het ons gaan haar kry... Nou sit ek en ek kyk af op die stuk papier. Karli... sjoe dis so ongewoon vir iemand so klein wat nog net n week oud is en klaar onttrekking simptome het van dwelms. Sy is n vegter en ek twyfel vir geen sekond dat hierdie kind n groot verskil gaan maak in die wêreld nie.


Skielik spring n GROOT SWART VET Q voor my Geestes oog.... onmiddelik skree vra ek vir Lukas, lifi kan ek asb agter haar naam n Q sit?


Lukas tilt sy kop effe. Ok lifi. Dis sy manier om vir my te sê "VROUMENSE!" Ek sê, lifi jy verstaan nie dis God wat my wys. KARLIQ, Hy sê ok LIFI, so stap ons in met die pienk bondeltjie mens en 1 uur later stap ons uit met n sertifikaat. Karliq van der Heever.


Maande word jare. Sy is nie meer die kind nie. Karliq is ons poplief, lukas se gogga en mamma se pokkels. Skuins na haar derde verjaarsdag kom n vreemde vroutjie na my toe gestap. Talita, Wat beteken jou kind se naam? Ek sê verskoon my tannie ek is self onseker maar ek gaan uitvind. Ek google die hele nag deur en net voor opstaan tyd vind ek my antwoord. Dis 3uur en opgewonde laat ek n gil van vreugde uit. Lukas skrik wakker en vra: WAT MAAK JY? Dadelik druk ek die foon se skerm onder sy neus in. Bible.com... Op die skerm staan LUD KAR LIQ 1... Ek sê vir lukas. Druk die knoppie - translate to Afrikaans. En dadelik vertaal die toep voor ons oë Kar Liq na LUKAS... Dis reg Lukas 1 - Die engel wat Sagaria en Elizabeth vertel dat hulle n baba gaan kry wat hulle Johannes moet noem... Johannes die doper. My doop middel naam was Elizabeth. My pa se naam is Johan en ja My man se naam is LUKAS.


Ons kyk na my krulkop koningskind wat rustig slaap. Trane loop oor ons albei se wange. Drie jaar en 5 maande van osekerheid en konstante vrees dat ons haar gaan verloor het in die een oomblik verdamp. GOD HET KARLIQ IN IEMAND ANDERS SE MOEDERSKOOT VIR MY EN LUKAS GEVORM. Die is confirmation Sy is bedoel om ons sin te wees.


Net soos Karliq het God jou ook geskep met n doel. Niemand kan jou plek instaan nie, Jy het n unieke storie wat wag om geskryf te word. Ek borrel van opgewondenheid om die volgende deel van jou lewe saam met jou te stap. Wat n voorreg om in die voorste sitplek in die goue sirkel van jou lewens teater te kan sit en toekyk hoe jy jou volgende hoofstuk met wysheid liefde en soveel oorwinning aanpak.


Jesus en ek sit met n groot bak popcorn in afwagting op jou Encore oomblik! GAAN MAAK VANDAG JOUNE!


KOEBAAI VETNOI

T

0 views0 comments

Recent Posts

See All

EET JY EMOSIONEEEL?MAAK DAN GOD JOU GEWIGSVERLIES PLAN

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

コメント


bottom of page