Is jy n lawaai in God se ore?
Wat n ongelooflike pragtige dagbreek!
Ek het so 2am op my bed neergeval, ek was dood moeg.
die tydskrif van die maand is absoluut beautiful!! Nog so baie om te doen, Bertha Le Roux - Wahl is op die maand se voorblad.
Ekt net my oë toegemaak en weg gesink in n diep slaap toe hoor ek dit.
zooooeeeuuiiiii, zooooeeeuuiiiii!!!
vrou! ek het gedink vir n paar oomblikke hoe ek die situasie moet hanteer. Lukas se slaap apnea masjien het iewers n lug gaaitjie en die klink kompleet soos n ktuis tussen n muskiet en n baba olifant wat op my kopkussing skree.
Ek wikkel my toe en dink IGNORE EN SLAAP. Maar dit maak nie saak hoe ek probeer nie die geluid raak later so irriterend dat ek voel ek gaan slange vang.
Nou weet ek ook ek kan nie regtig vir lukas kwaad wees nie, eks net te bly hy het die masjien en dat hy kan slaap weer. Ek kan seker in n ander vertrek gaan slaap maar ek wil nie.
So lê ek toe nou maar en luister na my gedagtes wat kort kort so half donker raak van moegheid en moedeloosheid.
Toe besef ek. God wil my dalk iets leer. En dis toe ek Sy Stem duidelik hoor.
Die afkrakende gedagtes wat ons oor onself uitspreek daagliks is soos daardie irriterende geluid in God se ore.
Hy het jou en my met soveel sorg gemaak. Elke orgaan met soveel liefde en ons in die mooiste land in die wêreld geplaas. Hy het ons gevul met liefde krag en kreatiwiteit en Genade gawes....
en wat doen ons? Ons kraak onsself daagliks af. Het jy al gedink hoe dit moet voel om dag in en dag uit te hoor dat dit wat jy gemaak het en beplan het vir duisende jare vooruit vir n doel, afgekraak word?
Het jy al vir net een oombik gewonder hoe jou geneul oor jouself en negatiewe selfspraak vir God moet klink
Ek dink ons klink so iewers tussen n muskiet en so hard soos n olifant se trompet in God se ore...
As ons nie eens tevrede is met wat God ons nou gegee het nie, hoekom sal Hy dan vir jou meer gee?
As jy heeltyd sê eks vet, eks lelik, eks n pateet, eks dom ens... Dan KRAAK JY GOD SE HANDEWERK AF.
Dink voor jy praat vandag. Fokus om vandag elke keer as jy n newgatiewe selfspraak gedagte het dit te counter met n Bybelvers.
God ken elke haar op jou kop, Hy het jou saamgeweef in jou moederskoot vir n tyd soos hierdie!
JY IS GEROEP EN GEBORE VIR N TYD SOOS DIE!
GLO DIT VOEL DIT EN DANK GOD DAARVOOR.
Koebaai Vetnoi
T xoxo
