top of page
Search

Ek is geroep - Jy word geroep

Goeie môre!

Wat is jou droom? Wat sal jou gelukkig maak? Watter ondervindinge wil jy nog uitleef? Hoe kan jou genade gawes ñ verskil maak in die wêreld? Glo jy in God ? Wat het jou lewe beteken tot nou?


Dit was alles vrae wat ek myself vevra het net na my suster se dood. Skielik het die lewe nie meer gegaan oor lewe nie maar voluit lewe. Die gevoel dat God somtyds voor jou staan met Sy neus teen joune. Dis die oomblik wat jy besef jou gewig is nie wat jou lewe moet bepaal nie.


Moet nooit laat jou gewig en hoe jy lyk jou stop om voluit te lewe nou in die oomblik nie.


Jy is geroep vir n spesifieke doel. Jy kan kies om daarin te leef en sodoende al God se geskenke te ontdek vir jou in die proses of jy kan kies om net n middelklas lewe te leef.


Ek weet nie van jou nie, maar ek lewe eerder op die afgrond van die lewe as om op n bank te lê en my lewe weg te eet of tv.


Die oomblik wat jou drome jou nie meer bang laat voel nie, is jou drome nie groot genoeg nie. Die onsekerheid van God se grootheid dryf my daagliks om nuwe dinge aan te pak. Ek word gedryf om myself te druk tot n nuwe grootheid wat ek nooit besef het is moontlik nie.


Liggaamlik, Geestelik, Verstandelik. Vertrou God met elke droom! Laat Hom toe om jou uit jou normale lewe uit te ruk en in Sy kleurvolle kunswerk te gebruik. Daar wag n ontploffing van emosies en kleure vir jou! En meer seeninge as wat jy kan tel.


Maar niks sal verander as jy nie jou denke hernuwe nie.


Die tyd is nou! Maak gesonde keuses, maak tyd vir God, Doen jou Bybelstudie en DROOM GROOT!


Koebaai Vetnoi!

T xoxo

2 views0 comments

Recent Posts

See All

EET JY EMOSIONEEEL?MAAK DAN GOD JOU GEWIGSVERLIES PLAN

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

Comments


bottom of page