Ek lê in die bed dis laatnag. Iets ontstig my kalmte 'n sagte onbekende lawaai net buite my venster. Ek lê en wonder wat as daar niks is na die dood nie. Wat as alles werklik net n gejaag is na niks... ek dink baie aan my beautiful sussie marli en wonder. Ja ek glo in God maar eks ook mens en wonder soms. Skielik onderbreek my man se sagte snork my en baba kreun soos sy omdraai... melk. Nog nooit in my lewe het ek soveel vreugde beleef as nou nie. Om n mamma te wees is onbeskryflik. Dis opregte liefde... en in n oomblik besef ek God het ons so lief gehad hy het sy enigste Seun gegee sodat ons die ewige lewe kan hê.... Shoe dis darem.wreed en erg. Ek meen soos Jesus dood gekruisig is. Dink net ek krimp en my hart breek elke keer as karliq n eina kry kop stamp val of watookal.... dink net hoe moet mens voel as n liefdevolle kind soos sy aan n kruis moes hang sodat sondaars kan leef... Ek weet nie van jou nie maar ek sal dit nooit in my wildste drome kan doen nie. Eks te lief vir my kind. Maar nou... het God ons so lief gehad. Hy is te lief vir jou en my sy seuns en dogters dat Hy ons nie kon los om net gekruisig te word om verlore te gaan nie. Hy is vir jou en my so so baie lief. Ek dink op die ou einde verloor ons almal mense vir wie ons lief is aan die dood. Dan betwyfel ons erger raak kwaad en vra waar was God... Vandag in my seer besef ek, God was op die selfde plek toe my sussie dood gegaan het as wat hy was toe jou geliefde afgesterf het as wat hy was toe sy Kind Jesus aan die kruis gehang het. Hy is rustig liefdevol en reg om ons en al ons geliefdes te ontvang want Hy het ons vooruitgegaan. So ek twyfel nie meer nie, Ek weet Hy is alreeds daar..
top of page
Search
Recent Posts
See Allbottom of page