top of page

Kliek hier  om terug te keer na

Search

Een gemisde oproep

Writer: Talita  van der HeeverTalita van der Heever

Een gemisde oproep. Psalms 118:24 - Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees . Ek is Dawie die Kabouter! Ek sprei my arms en hardloop met n spoed na die muur toe en kom letterlik in my ma se kantoor tot stilstand. Sy kyk ongelukkig op van agter haar lesenaar. Ek mompel sag sorry ma. En loop vinnig uit. Marli 7jr en Henri 4jr wag aan die punt van die blink gepolitoerde rooi stoep dis net glimlagte oral oor. Ek wys marli dis haar beurt en sy skree " Ek is dawie die kabouter." Dan spring sy weg en hardloop met n spoed muur toe. Sien Dawie die kabouter kon mos soms deur mure en goed beweeg en ons speel nou ons is deurskynend... Dan is dit Henri se beurt. Ek is Dawie die Kabouter!!!! Hy skree dit met oorgawe uit volle bors maar hy hardloop nie kastig nie. Hy hardloop n spoed reguit in die muur vas... Die geloof van n kind het ons nou al drie in diep moeilikheid. By die hospitaal moes ek en marli verduidelik hoekom ons hom sy arm laat breek het. Dit was wraggies nie ons skuld nie dit is Dawie sin... my ma gee ons elkeen n pink steristumpi terwyl hulle henri se arm in gips sit. So het ek marli en henri dae omgespeel in n verbeeldings wêreld wat net in ons klein sirkeltjie bestaan het. Ons het later ook baklei en lelik ook nes broers en susters maar doen. Ek dink daar sit nogsteeds n gat ini deur in die huis waar ons in Christiana gewoon het op n slag... marli se mix tape wat ek gevat het. Dis 20 jaar later en ek kom by die huis moeg gewerk van die hotel af. My 6 maande baba is by die dagmoeder en ek wil net een uur neem vir myself voor ek karliq gaan haal. Ek val op die bank neer en my vingers tik marli se nommer in. Ons gesels oor my werk by die hotel wat ek verpes en hoe ek wens ek doen iets anders. Marli vertel van ekstra klasse wat sy wil begin gee. Ons skerts en lag en dan draai die gesprek en skielik sê marli... " Sussa jy weet ek het hierdie feeling dat jy destined is vir something bigger. You are destined for BIG THINGS" Ek sê dankie sussa. ( ons lewens is heeltemal co dependent ons lewe al so na aan mekaar dat ons soos een mens optree en praat al) Ek sê eks lief vir jou kleinding. Marli lag en ek lui af want ek moet karliq gaan haal. Ons kom ooreen dat ek haar 8pm sal whatsap video call.... Voor jy gaan sê marli " SUSSA YOU ARE DESTINED FOR BIG THINGS " Die tyd wys ons het n uur lank gesels maar dit voel nie so nie. Ek lief jou eggo terug ek gryp my sleutels gaan haal vir karliq. Lukas kom by die huis en dis n warboel van kosmaak gesels doeke bottels. Lukas gee n afgewaterde pink sterri stumpi vir karliq en ek kry amper n hartaanval. Sy is nog net 6 maande oud maar ek neem n foto en stuur v marli. Sy skryf terug... pappa se prinses. Los hom laat hy haar bederf as hy wil. Kyk net hoe geniet sy haar melki. Ek skryf terug skies sus dis al laat kan ons more video call. Ek kan die teleurstelling sense maar marli sê dis ok praat more. Dis 1 uur in die oggend en die foon lui... lukas antwoord hy draai om en sê saggies en liefdevol... Marli is dood. Sy het verstik aan yoghurt en vrugte in haar slaap. My hart ruk. Vir die volgende dae is alles soos n automatiese zombie wat net asem haal en bevele uitvoer ons ry swellendam toe oppad bel ek my ma en sê ek wil haar die laaste keer was en mooi make up haar hare weer borsel. My ma stem in. Dan staan ek langs die trollie. Marli se liggaam is opgeblaas en ys yskoud en styf. Ekt lekker ruik sepies. Ons sny haar klere af en ek was haar mooi skoon hare ook. Die vrugte sit nog in haar hare en ek was dit mooi uit haar lang blonde hare uit. Ek blaas haar hare en vleg dit. Trek haar mooi aan en begin haar make up. n traan rol uit haar oog en my hand word stil. Dan loop daar bloed en water uit haar mondhoek. Die vroutjie van die begrafnis ondernemer verduidelik wat aangaan en vee dit saggies weg. Ek kyk in my sussie se hemel blou ogies en speel vir haar juanita dup se koningskind. Die begrafnis ondernemer los ons alleen en ek lees v marli bybel ek sê saggies talita Cumi maar niks gebeur nie want sy is alreeds weg. My hart ruk en skielik is alles vir my te veel. 2 dae later stap ma en johan in die sitkamer in met 3 klein houtboksies... dis al wat oorbly. Vandag is marli in die kranse van die Van der Kloof dam begrawe. En ek dink so baie aan hoe sy voluit gelewe het tot op die einde. Psalms 118:24 - Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees Moet nooit weer wag tot more om die mense wat jy liefhet te sê nie. Glo altyd dat jy bestem is vir groot dinge en dit sal gebeur. En geniet net wanneer jy wil n pink sterri stumpi. Wees geseend Talita

Want to read more?

Subscribe to talita.co.za to keep reading this exclusive post.

 
 
 

Recent Posts

See All

Is jy moeg

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn.

bottom of page