Die hoender, petrol prys en cream donuts
Lukas stap by die huis in. ek staan met n gevriesde hoender in my hand en huil soos n baba. Hy val omtrent oor sy voete om by my uit te kom en gryp my nader en vra:" liefie wat is fout?"
Deur my trane kyk ek in my besorgde man se ogies in en die woorde kom snikkend oor my lippe...
ek weet nie. en daar huil ek verder. Nou kyk my man kan baie vat maar hier staan hy nou en ek huil omdat ek nie eens weet hoekom ek huil nie.
nagte sluip verby en ek kan nie slaap nie. lukas dring toe daarop aan dat ek n dokter gaan sien....
Menopause🤫 Ekt nooit gedink daardie woord sal n plek hê in my woordeskat nie.
Die dokter skop sy stoel terug en sê tergend, Nee talitatjie dis maar net menopause. n bietjie vroeg maar dis wat dit is....
Ek het gedink die diagnose gaan een of ander siekte wees wat 1 uit n miljoen mense kry.... ja dis flippen menopause. As my gesin warm kry trek ek n trui aan as ek warm kry gooi hulle nog n duvet oor die bed. Die slapeloosheid en verskriklike emosioneel belaaide dae help ook nie veel nie... ñ advertensie kan my in trane laat uitbars.
Anyways ek het nie juis baie geduld vandag met eva nie. al die goed is haar skuld. maar ek sit nog so met my eie persoonlike klimaat en dink... wat as eva nooit gesondig het nie. wat as daai satan by my kom probeer het om die verbode vrug te eet... sou ek dan sterk gewees het? sou ek dit kon weerstaan? ek wat nie eens verby n cream donut kan loop in pick and pay sonder dat my mond water nie?
die antwoord is nee. ek dink soms moet ons onself in die ander persoon se skoene sit voor ons hulle oordeel.
dink voor jy ink op sosiale media en ander oordeel. jy ken nie die hele storie nie.
En voor jy daai cream donut in jou mond druk dink of jy wil huis toe loop of ry want nou is petrol so duur ons kan nie bekostig om hot flushes n donut en petrol alles saam te hê nie🤣
Geseende dag vir jou
koebaai vetnoi
T xoxo