Black out
Hi vriendin
Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. - Markus 4 vanaf vers 35
Die eerste oggend van my aanhouding in die huis in Bloemfontein deur die mensehandelaars, het ek gevoel of God my vergeet het. In daardie oomblik het my siel geskree en ek het nie verstaan hoekom ek hierdeur moes gaan nie. Alles het werklik in n oogknip van bad to worse gegaan. Ek het weggehardloop van die huis af omdat my oupa my gemolisteer en verkrag het en nou sit ek 10 ure later en kyk in die oë in van die eerste man wat vir my tiener lyf betaal het... en hy lyk op n druppel nes my oupa....
Ek onthou hoe ek in daai oomblik in my kop gebreek het, hoe ek myself in daai oomblik geleer het om nie present te wees nie. My liggaam was daar maar my kop my gedagtes was ver ver weg.
In die moeilikste tye van ons lewe, Slaap God virseker nie. Ongelukkig het slegte mense vryewil en God kan nie inmeng daarmee nie, maar Hy kan wel elke vloek in n seening omdraai...
As ek vandag terugkyk oor my lewe, is ek God innig dankbaar dat Hy nie ingetree het nie. Die verskriklike goed wat ek deurgegaan het, het my in n mens verander wat ek nooit sou wees as ek nie dit ondervind het nie. Ek het geleer om nie Geestelik hoogmoedig te wees nie, dat almal selfs mense at slegte dinge doen ook God se liefde verdien.
As dit vir jou voel of God slaap, kan ek verseker vir jou vandag sê, JESUS is baie bewus van jou pyn. Intens bewus daarvan. Ek glo vas dat Hy vir sy kinders huil en al die pyn wat jy moontlik kan ervaar het Hy 10 000 erger alreeds ervaar.
Hy slaap nie. Hy is alreeds besig om die storm te stil. Hoe weet ek dit?
Ek weet dit want ek is meer as 200 keer verkrag en deur dit het ek nooit eens eenkeer nie eens n std gekry nie. Dink mooi hieroor ek kon dood gewees het maar God het die storms gestil en my steeds beskerm in die midde daarvan.
As God dit vir my kan doen, As God vir my kan verlos van n leeftyd van mishandeling en verslawing en my lewe herskryf na n Godvrugtige vrou, hoeveel meer kan Hy nie vir jou doen nie?
Dit begin by gehoorsaamheid, studeer die Woord van God, net daardeur kan jy Hom werklik verstaan en ontdek, Loof en prys Hom waarookal jy gaan.
Jy voel miskien ver verwyder van God omdat jy gewoond is aan n geskree in die lewe.... maar as jy stilraak sal jy God se beloftes vir jou lewe in n fluister hoor.
God slaap nie vriendin... HY IS ALREEDS BESIG OM JOU VLOEKE IN SEENINGE TE VERANDER EN DIE STORM TE STIL.
Mag jy vandag in elke keuse gehoorsaam wees, selfs in jou kos keuses en weet God is altyd daar.
koebaai Vetnoi
T xoxo