top of page
Search

As jy God in jou dieet plaas...

 1 SAMUEL 16:7


Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”


Jy weet daardie vetrolletjie agter jou rug.... God lief dit ook! Daar is geen area van jou lyfie wat God nie lief nie.


Ons verloor gewig, slegs om gesonder te wees en ons doen dit deur Goddelike doelstellings.

Wanneer ons die wêreldste doelwitte na streef soos om in n nr 12 denim in te pas, is dit so maklik om te faal...


Want dis net n broek of n bikini.


Maar wanneer ons na God luister en besluit om volgens Hom ons doelwitte te stel verander alles en is dit makliker om gesonde etes te kies en by ons inperkings te leef waarmee ons gemaklik is.


As jy die fokus van EIE EK af haal, die wêreldse dieetkundiges sal almal vir jou sê - Doen dit vir jouself vir niemand anders nie.



Koebaai Vetnoi sê,

1. DOEN DIT VIR GOD. Word sterk en gesond sodat jy jou roeping ten volle en met gemak kan uitleef.

2. Doen dit vir jou hartsmense. Ons kinders (4 voetig of mensies) het nie gekies om hier te wees nie. Ons is geseem met hulle. Ons moet ons gesondheid oppas om solank as moontlik hier te wees om hulle te leer van God.

3. Doen dit vir jou gemeenskap. wou jy nog altyd deel gewees het van n uitryk program maar te skaam v jou lyf of te onfiks... wel sit dit op jou lysie.


Maak jou doelwitte Goddelik. Wanneer ons fokus op meer as net onsself verander die hele prentjie en skielik is dit makliker om nee te sê vir daardie ekstra bord kos.


Watookal jy besluit, God het jou lief. Koebaai Vetnoi is hier om jou saam met God te ondersteun en te lief.


welkom tuis sussa. drukkies en liefde in oorvloed.


Shalom

koebaai vetnoi



dc4864b1-d935-

1 view0 comments

Recent Posts

See All

WEET JY WAT IS CHRISTELIKE GEWIGSVERLIES? Christelike gewigsverlies verander die fokus van bloot om jou liggaam te verander na om jou siel te transformeer en daardie blywende lewenstylverandering begi

Was jy al as ouer so moeg en moedeloos dat jy letterlik voel of jy kan jou sleutels gryp en verdwyn. Jy is nie alleen nie. Almal voel so van tyd tot tyd en almal van ons voel skuldig daaroor maar nie

bottom of page